General

Bejaardes kuier by Aliza-Aviela Lentetee

THABAZIMBI – Die NG Gemeente Thabazimbi het weereens die jaarlikse Lentetee vir die gemeente bejaardes 80 jaar en ouer op 26 September aangebied.

Die lentetee word aangebied om die bejaardes spesiaal saam te laat kuier en goeie herinneringe te deel. Die smullekker eetgoed is deur Emmie von Czapiewski, Yvonne Becker,  Yvonne v Niekerk, Biebies Oelofse, Ronel Greeff, Ronél Joubert en Magda Botha voorberei terwyl die saal feestelik deur Bessie du Toit en Yvonne Becker versier is.

Tambotie versorgingsoord se inwoners het saam gedeel aan die eetgoed.

Dr Tinus het ook die lentetee bygewoon terwyl die jeugprediker, ds Abraham Groenewald, die opening behartig het.

September is ook ‘n gelukkige maand wat verjaardae onder die bejaardes betref. Oom Cas Strydom, oudste manlike lidmaat vier sy verjaardag die sesde, Tannie Joey Basson die 9de, tannie Hester Hugo op die 26ste, oom Hannes vd Watt die 28ste, oom Hannes Fourie die 29ste en tannie Magriet Lubbe het Sondag 30 September ‘n rype ouderdom van 101 jaar behaal.

Mag al die bejaardes en hul eggenotes ‘n geseënde en vreugdevolle jaar beleef.

Elkeen word bedank vir die bydrae wat hulle gelewer het om die dag so spesiaal te maak asook die bejaardes wat die gemeente in hulle huise ontvang deur die jaar, vir hul vriendskap en liefde.

Die volgende geleentheid wat die NG Gemeente aanbied is die Kersnagmaal in Desember en dan word die Kersgeskenke vir die Aliza-Aviela lede ook uitgedeel.

Oom Soon de Clerqc, oom Hannes en Winnie Fourie.