Veiligheid eerste?

Veiligheid eerste?

Op Vrydag 21 September, met swaar weer, is ‘n kragkabel wat oor ons huis was, met ‘n harde slag afgeslaan. ‘n Gedeelte het voor in die Maroelaboom bly hang en die langste deel daarvan het op ons agterste grasperk geval, asook oor die pad in Sewende Laan gelê, waar dit nog aan die kragpaal vas was. Ek het dadelik die noodnommer vir krag gebel.

Na vele pogings het ek verkeer geskakel en baie hulpvaardig aangebied het om die persoon op bystand per radio te kontak. Hy het my gebel en gesê hy kom dadelik om die kabel veilig te maak.

Na twee ure (21:30), het ek weer verkeer gebel en genoem dat hy nie sy foon antwoord of uitgekom het nie. Hy het teruggebel en gesê hy is besig, en sal later daaraan aandag gee.

Omstreeks 22:00 het ek en my dogter die kabel deur middel van ‘n hout hark oor die heining gegooi, aangesien ek hondjies het wat daar moet beweeg. Met die optel van die kabel kon ons sien dat dit lewendige krag bevat.

Op Saterdag 6:30 kon ek hoor daar is ‘n voertuig buite die heining. Hy het die kabel oor die pad getrek en slegs onder die paal op ‘n bondel gegooi. Ek het hom gevra of hy dit net so gaan los, waarop hy geantwoord het dat hy besig is en nie nou tyd het nie.

Ek dink nie dis veilig dat die kabel net daar gelaat is nie, want dit is baie gevaarlik. Op Dinsdag 25 September met hierdie skrywe, was dit nogsteeds daar.

Bekommerde inwoner

Dié lewendige kragkabel, wat deur weerlig afgeslaan is, is vir dae lank deur Thabazimbi Munisipaliteit geïgnoreer.