R3M skade by skrootwerf

‘n Verdagte is Saterdag 22 September in hegtenis geneem op aanklag van brandstigting, nadat ‘n skrootwerf naby Northam deur onbeheerbare vlamme verswelg is. Volgens mnr Riaan Odendaal, die eienaar van die skrootwerf, word die skade beraam op R3 miljoen. Die plaaslike brandweerdienste sowel as die myne se Crocodile Fire and Rescue span het dae lank gepoog om die vuur te blus. Die saak duur voort. Foto: Thabazimbi Brandbeskermingsbeheer.