Pink Ladies neem Spar Cup
THABAZIMBI – Agt plaaslike netbalspanne, wat in vier groepe verdeel was, het die afgelope seisoen meegeding aan die Spar Cup.
Die spanne wat verloor het, het onmiddellik uitgeval en die wenners is deur na die volgende rondte.
Die twee semi-finale wedstryde het plaasgevind op 11 September, die uitslae is as volg: Pink Ladies (34) vs Concentrator (8) en Thabazimbi Munisipaliteit (20) vs Kumba (5). Die wedstryd om die derde- en vierdeplekke te bepaal was teen Concentrator en Kumba op 12 September 2012 en word deur Kumba gewen. Die Pink Ladies speel in die finaal uit teen Thabazimbi Munisipaliteit en wen met 26 doele teenoor 13.
Die pryse was ‘n Spar koopbewys van R250 vir die vierdeplek, ‘n brons medalje en ‘n R500 Spar koopbewys vir die derdeplek, ‘n silwer medalje en ‘n R750 Spar koopbewys vir die tweedeplek en ‘n goue medalje en ‘n R1000 Spar koopbewys vir die wenners.
Die organiseerders bedank graag die skeidsregters wat vir die Spar Cup se uitspeelrondtes geblaas het, Marieta Bean, Mariaan Senekal, Anneke du Toit en Ané Sauermann.
Die wenners van die Spar Netbal Cup, die Pink Ladies, voor vlnr: Lizelle (AV), Anelda (R) en Sonette (R). Agter vlnr: Hannes Coetzee (Thaba SuperSpar), Ané (D), Christine (HD), Gavelle (HV), Anneke (S), Chevenné (VV), Melissa (V), Juanita (R), Lize (R) en Phillip Mataboge (organiseerder).