Model-sussies ryg nog titels in

NELSPRUIT- Die twee sussies waaroor Kwêvoël verlede week berig het, Vicky-Lee en Carré-Lee Armstrong, het tydens die Model Champions Mphumalanga kompetisie op Maandag 24 September nog titels ingepalm.

Vicky-Lee het goud in haar ouderdomsgroep van 8-11 jaar verower en is aangewys as die Model Champion wenner in haar groep, sy het ook goud gekry vir “Pageant overall” en brons vir “Photogenic overall”, Carré-Lee, ‘n HFM leerling, het brons gekry in haar ouderdomsgroep van 12 – 15 jaar. Met dié uitsonderlike  het hulle gekwalifiseer vir die Provinsiale uitdunne van Modelcup wat in Oktober plaasvind en dan die Nasionale kompetisie in Desember.

Vicky-Lee (regs) en Carré-Lee Armstrong (links) saam met Dominique Rensleigh (agter) die CEO van Model Cup.