Bejaardes vuur en vlam vir Braaidag

Die bejaarde inwoners van Bosveld Oord en Huis Immergroen het behoorlik die vure aangesteek op Maandag 24 September ter viering van Nasionale Braaidag, oftewel Erfenisdag. Dit was die eerste keer in ‘n lang tyd dat soveel bejaardes dié jaarlikse braai bygewoon het.