GeneralTop Stories

Klipspringers laat rekord spat

Ben Alberts Wildlife, ‘n afdeling van Kumba Iron Ore Thabazimbi  myn, het op Vrydag 14 September 2012 opslae gemaak deur twee klipspringers teen ‘n verstommende bedrag van R43 000 elk te verkoop. Ben Alberts Wildlife het 2011 se SA rekord van R20 000 vir twee klipspringers, wat ook deur hulle opgestel was, in ‘n naelbyt stryd tussen twee bieërs, verbreek. Op die foto is die klipspringer ram wat R43 000 behaal het. Foto: Werner Taljaard. Volledige berig binne.