Thabazimbi Boogklub skuts verwerf Nasionale kleure
THABAZIMBI – Thabazimbi Boogklub is trots op twee van hul lede wat in die 2011-2012 tydperk hul Nasionale kleure vir “Field Archery” verwerf het.
Nasionale Kleure word by SANIFAA verwerf deur ten minste drie kwalifiserende punte Provinsiaal te behaal, plus die kwalifiserende punte tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te skiet.
Slegs klubs wat by SANIFAA geaffilieerd is, se lede kan sodoende hul Kleure werf en dan ook vorder tot die keurings proses van die Protea span.
Keuring sal dan op beurt ook volg by wyse van bogenoemde.
Die volgende Wêreld 3D Kampioenskappe kompetisie vind volgende jaar Oktobermaand hier in SA te Elgro Lodge Klerksdorp plaas.
Dus is daar nog genoeg tyd vir boogklub lede, wat bewys dat die talent hier plaaslik is.
Thabazimbi Boogklub is trots op twee lede wat alreeds wys dat hulle die klub sal verteenwoordig, en die verwagting op goeie resultate tot gevolg kan wees.
Vir verdere navrae omtrent die sport, kompetisies en of selfs oor die algemeen, skakel vir Desré Pretorius by 084 548 0544 sy dien op Thabazimbi Boogklub se Bestuur of gaan sien haar of Chris Welgemoed by Thaba Boog en Hengel.
Hulle is albei gekonfyt in die sport en sal enige vrae vir u beantwoord.
Vlnr: Chris Welgemoed van Thaba Boog en Hengel saam met die twee skuts wat hul Nasionale Kleure verwerf het, Nicky Keeny en Pierre van der Walt.