LS Hokkiedag
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het op Saterdag 1 September ‘n Hokkiedag te Laerskool Koedoeskop bygewoon.
Die skole wat deelgeneem het, was Koedoeskop, Warmbad, Bosveld, Ellisras, Sunrise, Nylstroom en Laerskool Thabazimbi.
Twee van Laerskool Thabazimbi se spanne het uitstekend gevaar en is aangewys as die kampioene van die dag in hulle onderskeie ouderdomme. Die skool wens die O/9A span en die O/11 span geluk met hul puik prestasie.
Die O/9 hokkiespan van Laerskool Thabazimbi, voor vlnr: Marisca Coetzee, Areane Pretorius en Quinelle Blaauw. Agter vlnr: Charné Odendaal, Mienke Engelbrecht en Mickayla Tullues.