6667 kinders bereik met Kinderbeskermingsweek

 

THABAZIMBI – Die SAVF Maatskaplike dienste het hierdie week hul statistieke vir die Kinderbeskermingsweek bekend gemaak.

Agt en twintig skole is oor die periode bereik, waarvan 6667 leerlinge en 130 onderwysers.

Vierhonderd en vyftig lemoene en 1650 pakkies skyfies is uitgedeel terwyl ±10-12 geskenke per skool uitgegee is.

Daar is 1207 items nie-bederfbare produkte ingekry en ‘n pragtige bedrag van R8453 is ingesamel.

Die SAVF kantoor hou ‘n algemene Jaarvergadering waar die nuwe bestuurslede gekies gaan word op Donderdagoggend 13 September om 09:00 te Parklaan. Vir meer inligting skakel 014 7771093.