Skopbokser na Hongarye

Willem Henning van Laerskool Thabazimbi het twee weke gelede sy SA Kleure vir Skopboks ontvang. Hy is gekies om SA te verteenwoordig vanaf 7 – 18 September 2012 in die dorp Bratislava in Hongarye. Willem word geluk gewens met hierdie uitstekende prestasie. Laerskool Thabazimbi is baie trots op hom. “Hou ons skool se naam hoog daar in die vreemde.”