Northam VLU hou kuier-oggend
SWARTKLIP – Northam VLU het op Donderdag 16 Oktober 2012 hul 227ste vergadering aan huis van Cilea Goosen gehou.
Die komende Visvangdag wat Helpende Hand beplan vir 2 September by Bierspruitdam is bespreek, asook die Fleur de Lis Vergadering wat gehou sal word op 4 September te Northam.
Die VLU huishoudelike sake is vinnig afgehandel, waarna daar lekker geëet en koffie gedrink is. Daarna het die dames elkeen ‘n handwerkie uitgehaal, en net lekker gekuier. Die volgende VLU vergadering word beplan vir 13 September te Thabazimbi.
Indien u enige van bogenoemde geleenthede wil bywoon, of meer inligting verlang aangaande die Fleur de Lis Vrouedag, Northam VLU of Northam Helpende Hand, skakel of sms Mari Meintjes 082 086 4915.
Dina Smith en Hannetjie du Plessis beraadslaag oor die Mount Mellick werk.