HFM Gholf wen A-afdeling
ZEBULA – Die A en B Gholfspanne van HFM het op Vrydag 17 Augustus op Zebula aan die Interhoër deelgeneem.
Die seuns het uitstekend presteer onder omstandighede. Die B-span eindig tweede in hulle afdeling, met ‘n gesamentlike punt van 94. Zander Azar en Clemens Steenekamp het uitgeblink in die B-span, met elk 32 punte.
Die A-span het gesamentlik 250 houe gespeel, hulle was 15 houe voor hulle naaste kompetisie en wen die A-afdeling met gemak vir 2012.
Die A-span bestaan uit Jaco Jacobs, JM Erasmus, Benhard Janse van Rensburg en Armand Azar. Armand was die uitblinker en wen ook die prys vir die “Beste Speler” vir die dag, met 81 houe.
HFM is trots op die manne en wens hulle geluk met hul prestasie.
Vier Gholfspelers van HFM het op Vrydag 3 Augustus aan die Limpopo Junior Kampioenskappe deelgeneem te Zebula.
Al vier seuns het baie goed presteer onder baie moeilike omstandighede.
JM Erasmus het ‘n 81 en 83 aangeteken om gelyk derde te eindig in sy afdeling. Die beste speler van Frikkie Meyer vir die dag was Benhard Janse van Rensburg. Benhard was die enigste speler wat onder 80 gespeel het die eerste rondte en wen sy afdeling gemaklik met 66 punte. Hy wen ook die beker vir die Beste B-afdeling Limpopo speler vir 2012.
HFM Gholf A-span: C Campbell (Hoof), Armand Azar, Jaco Jacobs, Benhard J van Rensburg, JM Erasmus (K) en Mnr J van den Berg (Afrigter) by HFM se Vlam van Trots.