Sport

Heerlike hengelnaweek vir plaaslike hengelaars

THABAZIMBI – Die Thabazimbi hengelklub het die naweek van 25 Augustus hul klubkompetisie by Northam Platinum aangebied.

Volgens die organiseerders was dit ‘n heerlike naweek buiten vir die wind wat bietjie onplesierig was.

Die wenners is bepaal deur die grootste spesies wat gehengel is.  Eerste prys het gegaan aan die grootste kurper, tweedeplek aan die grootste barber en derdeplek aan die grootste karp.

Die uitslae was: Cubs afdeling: Dalize Botha (eersteplek), Charl Rohrbeck (tweedeplek) en Dalize Botha (derdeplek). Penkoppe afdeling: Mickyla Tullues (eersteplek), Martin Scheepers (tweedeplek) en Martin Scheepers (derdeplek). Juniors afdeling: Deon Bender (eersteplek), Louwrens Kidson (tweedeplek) en   Louwrens Kidson (derdeplek). Dames afdeling: Martie Murray (eersteplek), Nicolene Heydenrych (tweedeplek) en Nicolene Heydenrych (derdeplek). Seniors afdeling: Bennie Erasmus (eersteplek), Leon J v Vuuren (tweedeplek) en Ralph Kissack (derdeplek).

Die volgende kompetisie val saam met die Roodekoppies Bonanza gedurende die naweek van die

22-23 September. Afdelings waarin deelgeneem kan word is penkoppe 0-12, juniors 13 – 16, Dames en Senior mans. In elke afdeling is daar ongeveer 20 pryse wat gewen kan word.  Elke afdeling maak voorsiening vir die drie grootste karps en die grootste barber. Baie ander pryse op die spel. Kontak Thabazimbi Hengelklub gerus vir meer besonderhede thabahengel@gmail.com 083 348 2315.

Die wenners van die Hengelkompetisie, agter vlnr: Leon J v Vuuren, Ralph Kissack, Bennie Erasmus en Louwrens Kidson. Middel vlnr: Deon Bender, Martin Scheepers, Martie Murray en Nicolene Heydenrych. Voor vlnr: Mickyla Tullues, Dalize Botha en Charl Rohrbeck.