Build it wenner
Die wenner van die Thaba Build It gelukkige trekking kompetisie is op Saterdag 1 September aangekondig. Adriaan Pretorius het 2000 stene en 25 sakke sement aangekoop en die strokie in die kompetisie boks gegooi. Op die foto ontvang hy ‘n Blackberry 9300 as wenner wat aan hom oorhandig is deur Fritz Groenewald, Bestuurder van Thaba Build It. Die trekking was deel van die Thaba Build It ‘Spring re-launch’ wat 7 en 8 September plaasgevind het.