General

Sim egpaar wreed vermoor

KEMPTON PARK – ‘n Afgetrede Afrikaanse magistraat en gastehuis eienaar, Leon Sim (71) en sy eggenote, Marié (69) is op 22 Augustus in hul tuiste doodgesteek.

Leon Sim was die swaer van Marié Sim, eienaar van De Tarentaal in Thabazimbi. Hy het sy skoolloopbaan begin in die destydse Thabazimbiese Skool tot Std 8 waarna hy by Rustenburg Hoërskool sy skoolloopbaan voltooi het.

Leon en sy eggenote Marié is op ‘n wreedaardige manier in hul tuiste om die lewe gebring in Kempton Park.

‘n Albertonse pa (38) is as die hoofverdagte gearresteer, slegs ure na die dubbel moord by die Cresslawn gastehuis verlede Donderdag.

Die man is deur Sebenza SAPS offisiere, A/O Kobus Holloway and A/O Shawn Grant, naby sy gewese vrou se huis in Alberton gewaar.

Leon en Marié Sim is dood aangetref deur hul huishulp by hul gastehuis Steelstraat vroeër die dag.  Leon is nege keer met ‘n mes gesteek terwyl Marié se keel afgesny is.

Holloway het gesê dat hulle inligting oor die verdagte se woonadres, voertuig en voorkoms ontvang het van ‘n familielid van Sim. Terwyl Holloway en Grant na die adres in Alberton oppad was het hulle ‘n bakkie gesien wat aan die beskrywing voldoen het. Hulle het na die voertuig gegaan en gesien die man in die bakkie lyk soos die een wat aan hulle beskryf is. Die man het vreesbevange gelyk maar het besef dat hy uit opsies was, hy het net gesê: “Ek is nou in vet k**, ek het ‘n prokureur nodig.”

Volgens Holloway was die verdagte en sy vriendin gereelde besoekers aan die gastehuis. Sy is op Donderdagmiddag in Birchleigh gearresteer in verband met die misdaad. Bure van die Sims beweer dat sy in ‘n argument betrokke was by die Sim se perseel, het Holloway gesê.

Volgens die verdagte se gewese vrou het hy hul Alberton huis op Donderdagoggend omstreeks 04:00 verlaat om na die Sims se huis te gaan.  Dit blyk dat daar ‘n dispuut was oor ‘n kragopwekker wat deur die verdagte by mnr Sim gehuur was en Donderdag was die laaste dag wat die verdagte gegun was om die geld terug te betaal.

Mnr Sim is naby sy huis gevind met nege steekwonde, wat Holloway beskryf as snye oor sy hele liggaam en een sigbare snywond oor sy oog. Sy keel was ook gesny. Holloway glo dat mnr Sim se liggaam gesleep is van waar hy vermoor was tot naby die huis aangesien hulle sleepmerk van naby die heining tot by die huis gevind het.

Holloway het gesê dat mev Sim se keel ook gesny was en dat sy blykbaar met vlambare swembadsuur aan die brand gesteek is. Die linkerkant van haar liggaam was gebrand.

Volgens Holloway is die moordwapen steeds vermis, maar polisie reken dat dit dalk iewers begrawe is.

Die egpaar is deur hul huishulp, me Thembi Radebe, aangetref, wat net na 08:00 vir werk op gedaag het. Nadat sy by die perseel ingegaan het, het sy rook geruik en na die agterkant van die gastehuis gegaan waar die egpaar gebly het. Sy het haar werkgewer, me Sim se liggaam gevind en mnr Sim se liggaam naby die huis ontdek, waarna sy die polisie geskakel het.

Familie en vriende van die egpaar beskryf hulle as liefdevolle mense wat graag ander gehelp het.

“Oom Leon en sy vrou was lieflike mense. Hulle het in Kempton Park vir meer as ‘n dekade gebly nadat hulle van Boksburg in 1997 verhuis het. Hulle het die gastehuis in dieselfde jaar begin. Ek onthou hoe ek as ‘n klein seuntjie na skool hul rustige en liefdevolle huis besoek het. Marié was ‘n aktiewe vrou wat haarself altyd besig gehou het, van kook tot naaldwerk en om ander te help. Ons as familie en gemeenskap is regtig beroof van twee wonderlike mense.” Het mnr Stefan Otto, die egpaar se broerskind en familie woordvoerder gesê.

Bronne: Farmitracker.com and Looklocal.co.za

Mnr Leon Sim en sy eggenote, Marié, is op 22 Augustus in hul tuiste in Kempton Park vermoor.