Kom herleef koöperasiestories by Koekepan Stormloop
THABAZIMBI – Die NG Kerk Thabazimbi se jaarlikse Koekepan Stormloop vind eerkomende Saterdag, 1 September vanaf 09:00 – 15:00 by die NG Kerkterrein plaas.
Die gemeente nooi die gemeenskap uit om saam te kom ontspan en heerlike kos, goeie geselskap en hope winskope te kom geniet. Sien die volledige advertensie elders in koerant.
Oefen solank jou gooi-arm om Laerskool Thabazimbi se hoof, Mnr Koos Venter, met die “Dunk Tank” in koue water te dompel by die Koekepan Stormloop.