Klas van ’62 vier 50 jaar
THABAZIMBI – Die HFM Matrieks van 1962 het op Saterdag 18 Augustus 2012 hul 50 jaar reünie by die lapa van HFM gehou.
Van die 51 matrieks is 17 reeds oorlede. Vyftien het die funksie bygewoon en 19 was afwesig, aangesien van hulle in die buiteland, Namibië en Oos-Kaap woonagtig is. Slegs nege van die groep kon nie opgespoor word nie. Dié wat die reünie bygewoon het, sal egter poog om vas te stel of die nege nog lewe en waar hulle hulself bevind.
Volgens Ampie le Roux was die funksie so geslaagd dat daar besluit is om oor twee jaar weer ‘n reünie aan te bied.
Een van die hoogtepunte was die besoek van Gerrie Prinsloo aan haar ouerhuis in Agtstelaan, na 50 jaar.
Die groep het heerlik gekuier en ou herinneringe gedeel. Drien Engelbrecht word bedank vir die hulp met die funksie asook HFM vir die gebruik van die lapa.
Vyftien HFM Matrieks van 1962 het die 50 jaar reünie bygewoon op Saterdag 18 Augustus, voor vlnr: Andries Swanepoel, Ampie le Roux, Martie Botha, Jansie Nel, Drien Engelbrecht en Kobus Nel. Middel vlnr: Hansie Eloff, Daan van Wyk, Hylie Potgieter, Almal de le Rey, Gerrie Prinsloo, Magriet Cornelius, Corrie Verster en Magriet du Preez. Agter Hennie Smit.