Gereed vir Lente
Oom Theron Theunissen in Sesdelaan se spog Clivia-tuin is tans in volle blom, gereed vir Lentedag op Saterdag 1 September. Sy liefde en passie vir dié plant is duidelik sigbaar in die asemrowende kleurspel van ligte pastel, rooi-oranje en geel blomme wat golwend teen die koppie agter in die erf vertoon.