General

Skiet van mynwerkers deur Polisie

Lonmin. Photo: Daily Maverick

MARIKANA – Die Speaker van die Parlement, dr Max Sisulu, is deur die Vryheidsfront Plus gevra vir ‘n dringende debat in openbare belang oor die skiet van mynwerkers by Marikana in Noordwes, deur die Polisie. Die versoek is gerig deur Pieter Groenewald (LP) die parlementêre leier van die Vryheidsfront Plus.

“Hierdie insident het skokgolwe internasionaal veroorsaak en skaad die beeld van Suid-Afrika. Die optrede van die Polisie het baie vrae laat ontstaan, want dit wil voorkom of die Polisie maksimum geweld gebruik het. Die optrede van die Polisie en die rol wat vakbonde by die insident gespeel het, moet deur ‘n regterlike kommissie ondersoek word. Daar moet vasgestel word of die Polisie behoorlik opgelei was vir skarebeheer en of die nodige minimum geweld gebruik was en of die vakbonde geweld aangeblaas het. Suid-Afrika kan nie sulke insidente bekostig nie,” sê mnr Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.