Top Stories

Ongeluk eis inwoner

NORTHAM – Twee inwoners van Thabazimbi, Luchell Daniels en Carla Isaks is op Sondagoggend in ‘n kritieke toestand in verskillende hospitale opgeneem nadat hulle ‘n ernstige motorongeluk betrokke was.

Die ongeluk het omstreeks 03:30 plaasgevind op die R510 net buite Northam onderweg na Thabazimbi nadat hulle die dag in Sun City vertoef het. Na bewering het die bestuurder van die voertuig waarin Luchell en Carla was, nie die stilstaande Uno, sonder enige noodligte, in die pad betyds gewaar om te stop nie en moes hy uitswaai. Hul Toyota Corolla het met in die aankomende verkeersbaan geswaai en met ‘n Nissan Sentra gebots. Vriende van Luchell-hulle het voor hulle gery en die ongeluk gesien gebeur. Hulle het dadelik omgedraai om hulp te verleen. Luchell en Carla het tydens die ongeluk albei uit die Corolla geval, waarna Luchell in die pad gelê het. Sy is na veiligheid gedra en die nooddienste van Rustenburg is gekontak. Na die ongeluk het die bestuurder van die Uno weggejaag.

Carla is na Krugersdorp Hospitaal vervoer en Luchell was tot tye van haar dood op Donderdag 23 Augustus, in Pleglarae Hospitaal in Rustenburg.

Volgens Luchell se broer, DA Raadslid Derick Daniels, was Luchell sowel as Carla teen Woensdag, 22 Augustus, nog in ‘n kritieke toestand en steeds bewusteloos. Carla het bloeding op die brein, kopwonde en beenbreuke opgedoen terwyl Luchell breinbeserings en beenbreuke opgedoen het, haar pelvis is ook tydens die ongeluk gekraak. Albei is werksaam by Northam Platinum Myn.

Luchell het op Donderdagmiddag aan haar beserings beswyk. Haar roudiens vind plaas op Maandag 27 Augustus om 18:00 vanuit die AGS Kerk. Haar begrafnis sal op Saterdag 1 September te Boegoeberg plaasvind.

Die gemeenskap betreur haar afsterwe

Carla Isaks en Luchell Daniels.