Sport

LS Thaba se Hokkie Bokkies presteer

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se Hokkiespelers het besonders goed gevaar in die afgelope Hokkie Liga wedstryde. Die uitslae is as volg: Die O/13A Dogters wen al drie hul wedstryde, 1-0 Ellisras, 2-1 Warmbad en 4-0 Bosveld. Die O/13B Dogters speel gelykop teen Koedoeskop met 1-1 en verloor teen Warmbad met 1 punt teenoor 0. Die O/11A Dogters wen al drie hul wedstryde, 2-0 Ellisras, 3-0 Warmbad en 4-0 Bosveld.

Die skool bedank HFM vir die gebruik van hul hokkievelde en ondersteuning, hulle het groot waardering daarvoor.

Die O/13A Hokkiespelers van Laerskool Thabazimbi, agter vlnr: Jadene Roods, Richeka Serfontein, Elrie Human, Melanie Engelbrecht en Adri Henning. Middel vlnr: Shelbé van der Westhuizen, Anebel Buys, Lindsey Msimanga en Jumari Barnard. Voor vlnr: Doné Potgieter, Goitse Gquezengele, Jessica Smith, Chané Swanepoel en Wilmari Prinsloo.