Community

HFM wen Interhoër Tienertoneel

THABAZIMBI – HFM het op Vrydag 10 Augustus aan die jaarlikse Interhoër Tienertoneel kompetisie te Hoërskool Piet Potgieter tydens die Kierieklapperfees deelgeneem.

Drie ander skole, naamlik Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Warmbad en Hoërskool Nylstroom het ook meegeding.

Die volgende HFM leerders het tydens dié jaar se Tienertoneel kompetisie hul talente gewys: op die verhoog – Brian Labuschagne en Bealde Enslin, agter die skerms – Esmerelda Hermann, Rachel Prinsloo en Carien Theunissen. Frikkie Meyer stap weg met die volgende string toekennings: Beste Hoofspeler – Brian Labuschagne, Beste Hoofspeelster – Bealde Enslin, Beste Klank, Beste Beligting, Beste Produksie, Beste Regisseur en tree as Interhoër Tienertoneel Wenners 2012 uit die stryd.

Die enigste twee toekennings wat HFM nie verower het nie, was vir die Beste Byspeler en Beste Byspeelster, aangesien hulle nie byspelers in die toneel het nie.

HFM is trots op die span en sien uit na die Thabazimbi Kunswedstryd en ATKV Tienertoneel.

HFM se Interhoër Tienertoneel Wenners, voor vlnr: Bealde Enslin, Rachel Prinsloo en Carien Theunnissen. Middel vlnr: Esmeralda Hermann, Franco Loots en Madelene Smith. Agter vlnr: Brian Labuschagne, Tiaan Schmidt en Henco Smith.