Community

HFM by ATKV Tienertoneel kompetisie

THABAZIMBI – Die HFM Toneelgroep het op 17 en 18 Augustus aan die Gauteng-Oos streek se ATKV Tienertoneel kompetisie deelgeneem.

Daar was 19 deelnemende skole wat die week opgetree het, onder andere Afrikaans Hoërskool Sasolburg, Pro Arte Alphenpark, Hoërskool Kemptonpark, Hoërskool Goudrif, Hoërskool Standerton en Hoërskool Martin Oosthuizen.

Frikkie Meyer neem op Vrydagaand deel en verower die volgende pryse: Brian Labuschagne ontvang twee silwer sertifikate vir individuele spel en vir ensemble spel, Bealde Enslin ontvang twee silwer sertifikate vir individuele spel en vir ensemble spel, Henco Smith ontvang ‘n silwer sertifikaat vir Regie en Frikkie Meyer se tegniese span wen ‘n brons sertifikaat.

Frikkie Meyer was ook een van vier skole wat deurgedring het na die Streeksfinaal van Gauteng-Oos wat die Saterdag weer opgetree het, en behaal HFM se Toneelgroep ‘n Derdeplek in die streek.

HFM Toneelgroep bedank almal se ondersteuning, asook die leerders en onderwysers wat hard agter die skerms gewerk het en wat nie gesien word nie, sonder hulle sou die produksie nie wees wat dit was nie. HFM is baie trots op Toneel 2012 en sien uit na Toneel 2013.

Die HFM Toneelgroep het groot suksesse hierdie jaar behaal. Hulle het die geleentheid gehad om hierdie week die HFM Vlam van Trots aan te steek, voor vlnr: Suné van Tonder, Rachel Prinsloo en Carien Theunissen. Middel vlnr: Franco Loots (klank), Esmeralda Hermann, Me M Smith, mnre H Smith (regisseur) en T Schmidt. Agter vlnr: Bealde Enslin (Milla) en Brian Labuschagne (Beno).