General

THABAZIMBI – Het jou troeteldier probleme om in die oggend op te staan? Staan moeilik en styf op (veral as dit koud is), sukkel om op te spring en te hardloop?

Dan kan hy/sy moontlik aan Osteoartritis ly. Hierdie pynlike gewrigsiekte is degeneratief en sal vererger sonder die regte behandeling. Osteoartritis is teenwoordig in 25% van ouer honde. Groot-ras honde klassifiseer al as senior op 6-jarige ouderdom. Heup- en skouer-displasie kan sekondêr lei tot osteoartritis in jong en ou honde.

In Klein-ras honde kan daar die gevaar van osteoartritis wees onder die volgende omstandighede: Oorgewig (verhoogde druk op gewrigte), besering (verhoogde spanning op normale bene) en kongenitale gewrigs-afwykings (heup of knie probleme). Sekere rasse is meer geneig om oorgewig te wees.

Katte kan ook ly aan osteoartritis. Baie min katte word gediagnoseer daarmee omdat eienaars nie die simptome so maklik soos in honde kan sien nie.

Sekere voedingstowwe kan osteoartritis behandel en verbeter. Chondriotin sulfaat is ‘n natuurlike bestanddeel van kraakbeen. Glucosamine smeer die gewrig en voorkom verdere osteoartritis in die gewrig. Omega 3 vetsure het ‘n inflammatoriese rol in die gewrig. Produkte soos GCS  dog, Mobiflex en Arthrofocus bevat die stowwe. Sekere kosse soos Hills j/d verbeter ook mobiliteit en verminder die newe effekte van osteoartritis. Kraakbeen beskermende bestanddele wat die verdere vernietiging van kraakbeen voorkom kan mankheid en gewrigspyn in honde verbeter.

Indien osteoartritis by u troeteldier gediagnoseer word deur u veearts, sal die gepaste behandeling voorgeskryf word. Dit sluit in bogenoemde voedingstowwe, pynmiddels en anti-inflammatoriese middels (NSAID’s) en moontlike dieet verandering in.

Moet asseblief nie huiwer om osteoartritis met u veearts te bespreek nie.

Drs Mari Naude en Minette Nel Kransberg/Thabazimbi Dierekliniek.