Stap en ontbyt vir AKK
NYLSTROOM – Stappers kan gerus hul stapskoene nader sleep vir die Stap en Ontbyt geleentheid wat by Abraham Kriel Kinderhuis op 22 September aangebied word.
Die staptog begin stiptelik om 07:00 vanaf die lapa by die kinderhuis, net na die amptelike opening, maar alle stappers is welkom om eers 06:30 ‘n koffie of tee en beskuitjie saam te geniet.
Kaartjies beloop R50 per persoon wat eet, kinders ingesluit en ontbyt word vanaf 09:00 tot 11:00 aangebied.
Kontak gerus Gezina by 082 897 3877 of Heleen by 079 501 3629.