Community

SAVF werk hard in Thaba

THABAZIMBI – Vir die afsluiting en oorhandiging van sertifikate vir die SAVF Kinderbeskermingsweek, is daar ‘n sopkompetisie gehou.

Almal wat wou inskryf vir die kompetisie moes ‘n pot sop saambring en die lekkerste pot sop is deur beoordelaars aangewys.

Na die verrigtinge, is al die sop tesame met die sop wat die SAVF deur Annatjie Breedt en haar span van Emmanuel Gemeente laat maak het, uitgedeel as deel van hul 67 minute vir Mandela Dag.

SAVF het by “Botha settlement” langs Foodzone sop en klere uitgedeel, daarna is hulle na Skierlik, ‘n informele nedersetting anderkant Groenvlei Laerskool, waar hulle ook sop, klere en speelgoed uitgedeel het. By dié geleentheid was Cumberland, Dwaalboom, Hoopdal en Thabazimbi se polisie teenwoordig. Vandaar is die SAVF en SAPD span na Matlabas village, waar hulle die goeie werk voortgesit het.

Die SAVF bedank graag almal wat so hard gewerk het tydens die projekte, spesifiek vir SAVF Thabazimbi en al die vrywilligers vir hulle harde werk tydens KBW en die Mandela dag en die SAPD vir bystand na die informele nedersettings , in die besonder Konstabel Lekalakala vir al haar moeite. Ook bedank hulle graag Annatjie Breedt en haar span vir die maak van die sop en persone in privaat hoedanigheid vir hulle harde werk.

Die wenners van die sopkompetisie, vlnr Linda Grobler derdeplek, Corney Myburgh eersteplek en Christelle Barnard tweedeplek.