Business

Nuwe hoofstuk in Total Familieboek

Promosie Artikel

THABAZIMBI – Jacques en Isabel Blaauw het ses maande gelede vanaf Johannesburg na Thabazimbi verhuis en besluit om Total Garage te Thabazimbi hulle eie te maak. Isabel se ouers Johan en Isabel Prinsloo, jarelange inwoners van Thabazimbi en albei voorheen betrokke in die onderwys, Hoërskool Frikkie Meyer en Laerskool Thabazimbi onderskeidelik, is mede-eienaars van Total garage.

Isabel het grootgeword in Thabazimbi waar sy hoofdogter by Hoërskool Frikkie Meyer en Laerskool Thabazimbi was en Jacques het ook groot prestasies behaal op sportgebied onder andere het hy vir die Bulle Super 14 rugby gespeel.

Jacques was voorheen werksaam in Johannesburg vir Eli Lilly as besturende direkteur en Isabel is ‘n apteker van beroep, maar die bosveld met sy rustige omgewing en beter lewenskwaliteit vir hulle en die kinders het hul gelok.

Total het ‘n totaal van 29 personeellede, en hul visie is om die leier op die gebied van goeie dienslewering aan Thabazimbi sowel as Regorogile kliënte te wees en aan die besoekers van die bosveld. Hul doelwitte vir die volgende ses maande behels die opgradering van Total en die vestiging van dienslewering standaarde deur die voortdurende opleiding van die personeel asook effektiewe bestuur. Hou gerus die media dop vir nuwe promosies. Jacques en Isabel sien uit daarna om die gemeenskap van Thabazimbi te ontmoet en nooi almal uit om gerus ‘n draai te maak.

Die mede-eienaars van Total Garage Thabazimbi is vlnr. Isabel, Johan, Isabel en Jacques.