Community

Northam VLU leer Mount Mellick en Broomstick lace

SENTRUM –  Tien lede van Northam VLU het op Donderdag 5 Julie 2012 na Sentrum gereis om ‘n Mount Mellick-kursus wat deur Petra Ortner van Tom Burke aangebied is, by te woon.

Een van die VLU-kompetisie artikels is ‘n handdoekstrook versier met Mount Mellicksteek. Die ingewikkelde steek het sy ontstaan in die dorpie Mount Mellick in Ierland gehad. Die borduurwerk word met dik wit gare op wit materiaal gewerk. Die dames het die ingewikkelde steke gou baasgeraak en is druk besig met hul handdoekstroke.

Die Northam VLU dames het op 19 Julie hul maandelikse vergadering aan huis van Angela Potgieter te Swartklip gehou. Die spreker van die dag was die makelaar Wessel Vosloo, wat die belangrikheid van die regte polis en die voortdurende opdatering van u testament beklemtoon het. Hy glo jy moet ‘n vertrouensverhouding met jou makelaar\ finansiële adviseur opbou sodat hy net die beste raad vir jou en jou gesin se toekoms kan gee.

Nadat die dames ‘n heerlike ete genuttig het, het Mari Meintjes hul gewys hoe om “Broomstick Lace” te hekel. ‘n Babakombersie moet vir kompetisie-doeleindes gehekel word. Dis ‘n baie maklike steek wat slegs uit twee rye bestaan. Vir meer inligting aangaande Northam VLU, skakel of sms Mari Meintjes 082 086 4915.

 

Rene Laas oorhandig ‘n geskenk aan hul gasspreker, Wessel Vosloo.