Nege onderwys-studente by LS Thaba
THABAZIMBI – Dit is vir Laerskool Thabazimbi altyd ‘n besondere voorreg om Onderswysstudente vir hulle praktiese opleiding te akkommodeer. Nege studente van NWU was vir die afgelope drie weke by Laerskool Thabazimbi bedrywig en het baie positiewe insette gelewer. Die drie UNISA studente is vir vyf weke geplaas en is vir LS Thaba goud werd in dié bedrywige kwartaal. Die Laerskool sien uit na ‘n volgende kuier en wens die studente voorspoed met die studies en komende eksamens.
Die NWU studente, agter vlnr: Viraldi van der Walt, Anita van Tonder, Hanru Human, Ans-Marie Potgieter en Madelein Boshoff. Voor vlnr: Hester van Rhyn, Melani Sadler, Simoné Pieterse en Lindi de Beer.