LS Thabazimbi Leiers
Leiers van Laerskool Thabazimbi het verlede Vrydag 3 Augustus na Nylstroom vertrek waar hulle ‘n leiersimposium bygewoon het. Die doel van hierdie simposium was leierontwikkeling. Die simposium was aangebied te Laerskool Nylstroom. Vrydagaand is die leerders bederf met ‘n dinee as afsluiting van die baie belangrike geleendheid. Dankie ook aan Hoërskool Nylstroom wat hulle koshuis beskikbaar gestel het vir slaapplek vir die leiers.
Leiers van links na regs. Agter: Sean Thungo, Iwan Lombard, Tiaan Raubenheimer, Richeka Serfontein, Melanie Engelbrecht, Nikita Steenkamp. Tweede Ry: P.G. Janse van Vuuren, Karla de Beer, Marlise Coetzee, Monika Klopper, Anebel Buys, Nadia van der Linde, Daniël Koekemoer, Janco Erasmus, Shaun Silva. Eerste Ry:Hennie Horn, Shelby van der Westhuizen, Hardus Schoeman, Ruduan Joubert, Marguerite Olivier, Marx Wolfaard, Mujaan de Vries. Voor: Nimro Lategan, Ruan Geldenhuys, Pieter Malan, Wilmarie Prinsloo.