Community

Lollos bons met groot sukses

THABAZIMBI – Sowat 500 woelige kleuters in ‘n stampvol Laerskoolsaal het gesorg vir reuse “bons dat dit gons”-pret met Lollos van Lalaland se optrede op Vrydag 3 Augustus.

Volgens Marthie du Plooy, die Prinsipaal van SmartBrain Kidz wat die vertoning aangebied het, het al die maatjies die Lollos vertoning geniet en was die 45 minute optrede ‘n besonderse ervaring vir die jongspan.

Verskeie kleuterskole in die Thabazimbi area het die vertoning bygewoon en SmartBrain Kidz bedank almal wat die dag saam met hulle kom geniet het.

SmartBrain Kidz se kleuters by Lollos, Disco, Herwin Koningin Lettie, Lollos se spesiale vriendin en Minki Burger na die Lollos vertoning.