Community

Jagpakketkompetisie van HFM

THABAZIMBI – Die trekking van die Jagpakketkompetisie het op Maandag 30 Julie plaasgevind en die eerste plek is gewen deur Bertus Roos en hy wen 1x Blouwildebees, 1x koedoekoei en 1 Rooibok. Die tweede plek is ingeneem deur Christo Lamprecht wat 1x Koedoekoei en 1 rooibok wen en Derde was Herman Jacobs en hy kry 2x Rooibokke.

Die jagpakkette is verkoop as een van die fondsinsamelingsprojekte van die Graad 11’s vir die Matriekafskeid vir 2012.

Die registerklas wat die meeste boekies verkoop het is die Gr 11 C klas van Mnr Tiaan Schmidt, hulle kry elkeen ‘n hamburger en Coke vir hulle moeite.

Die leerders wat die meeste boekies verkoop het is vlnr Juan Evert (Gr 11 G) wat 7 boekies verkoop verkoop het, Lizaan Malan het 8 boekies verkoop uit die Gr 11 A klas en Nico Tromp (Gr 11 D) het die meeste verkoop, 19 Boekies. Agter is Juf C Maré.