Community

Hoekom moet ons so sukkel

Die munisipaliteit het gewoonlik die verskoning daar is nie geld om instandhouding te doen nie en nuwe projekte aan te pak nie. Kyk net na die twee foto’s hierbo. Daar is nie geld om straatligte reg te maak nie, wat die veiligheid op ons paaie beïnvloed, maar daar is geld vir afdakke vir hulle persoonlike voertuie in ons openbare parkeerplek. Die indruk wat hier geskep word is my eie ek bo die veiligheid van die inwoners van Thabazimbi. Die afdakke is gebou so driekwart deur die vorige finansiële jaar toe was daar al nie geld vir brood nodige instandhouding nie. Is ‘n munisipale amptenaar se voertuig ‘n noodvoertuig of ‘n persoon met ‘n gebrek se voertuig dat hulle gereserveerde parkeerplek met ‘n afdak moet kry. Gaan kyk hoe min word die plekke gebruik, nog ‘n mors van geld.

Die nuwe finansiële jaar is al ‘n maand en ‘n half oud en nog steeds word geen instandhouding gedoen nie, daar is die bewyse op die foto, gaan maar na enige parkie in die dorp.  GEEN gras word gesny, geen ligte word reg gemaak nie en die slaggate in party paaie word ook geïgnoreer soos ‘n taxi ‘n stopstraat ignoreer.

Ek dink nie die munisipaliteit wil, of stel belang om ons dorp reg en op standaard te kry nie, moontlik is van die amptenare net daar om posisies te beklee om na hulself te kyk en kan die werk nie doen nie.

Ek daag die munisipale amptenare uit om ons verkeerd te bewys en daadwerklik iets te begin doen om die dorp reg en skoon te kry.

Frik