Bosveld Akademie rugbyspelers presteer
THABAZIMBI – Vier rugbyspelers van Bosveld Akademie Privaatskool is gekies tot die BCVO Nasionale Rugbyspanne tydens die Winterspele.
Micheal Knoetze en Erik Snyman is gekies tot die BCVO Nasionale O/13 rugbyspan.
Bosveld Akademie Privaatskool se O/19 rugbyseuns wat gekies is tot die BCVO Nasionale rugbyspan, vlnr Marnus Struwig en Sias van der Linde.