Aanranding word ondersoek
SETARIA – ‘n Vyftienjarige tienerseun is op Vrydagaand 20 Julie omstreeks 19:00 deur twee tienerseuns aangerand.
Die slagoffer was oppad na die winkel toe hy deur die twee seuns oorval is. Hulle het hom geweldig hard agter sy kop geslaan en hom vir dood in Merenskystraat gelos. Die ouer tiener het na bewering in Februarie vanjaar die slagoffer se Pa voor sy huis aangerand.
‘n Saak van aanranding word tans ondersoek deur Konstabel LH Kekana van die SAPD. Enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasies van die aanranders kan 0147773525 skakel.
Die kopwond van die tienerseun van Setaria wat in Julie deur twee tienerseuns aangerand en vir dood agtergelaat is.