Community

VLU geniet Cake Genie

Deon Swarts, die Cake Genie, het die VLU dames besoek.

MAKOPPA – Die VLU Strewe tak het ‘n besonderse Juliemaand vergadering gehad. Deon Swarts, die Cake Genie, het ‘n demonstrasie gelewer wat die dames baie leersaam gevind het. Deon het gewys hoe troukoeke met plastiese versiersuiker gedoen word asook die nuwe koeklollies wat so in die mode is. Die volgende vergadering is op 7 Augustus en belangstellendes kan Ilna kontak by 0827748803.