Sport

Verskeie medaljes vir padwedloper

Anthony Tomsett van Laerskool Koedoeskop neem in sy vrye tyd aan padwedlope deel.

KOEDOESKOP – Die Hoofleier van Laerskool Koedoeskop, Anthony Tomsett, spog met verskeie medaljes wat hy verower het wanneer hy oor naweke, in sy vrye tyd, aan 5km padwedlope in Pretoria deelneem.

Gedurende die vakansie het hy aan die Vriende van die Dieretuin, Clover en Red die Renosters padwedlope deelgeneem. Van hierdie wedlope spring so vroeg as half ses in die koue oggende weg.

Anthony neem deel saam met sy tannie, Alta Botha, wat woonagtig is te Pretoria. Sy vinnigste tyd nog was die Clover padwedloop in Irene, met ‘n tyd van 40 minute en 30 sekondes.