General

Thaba Manzi wildveiling

BELA-BELA – Die Thaba Manzi Wildveiling het op 14 Julie te Bela-Bela plaasgevind.

Die vroulike diere op hok het die volgende gemiddelde pryse behaal: 130 blouwildebees teen R2009, 2 buffelverse teen R262 500, 13+1 elande teen R4500, 10 emoe teen R500, 16 gemsbokke teen R3984, 3 kameelperde teen R17000, 5+1 koedoes teen R2500, 3 Livingstone elande teen R20000, 20 njalas teen R6813, 40 rooibokke teen R1000, 28 rooihartbees teen R4036, 7 sebra Burchell teen R4543, 6 waterbokke teen R3500, 2+2 buffel koei en kalf teen R425 000 en 1+1 swartwitpens koei en kalf teen R250 000.

Die manlike diere op hok het die volgende gemiddelde pryse behaal: 6 blouwildebees teen R2450, 1 volwasse Livingstone eland teen R24000, 4 njalas teen R12750, 4 volwasse swartwitpens bulle teen R45750, 5 jong swartwitpens bulle teen R24000 en 4 volwasse waterbok bulle teen R12000. Die omset was R2 919 700.

Die vroulike diere per katalogus het die volgende gemiddelde pryse behaal: 2 goue wildebees teen R525 000 en 12 sebra Burchell teen R3000. Die omset per katalogusveiling was R1 086 000.

Niel Swart was die afslaer.