Community

Politieke dreigemente

Iets wat totaal teen my beginsels indruis en wat my onmiddellik rooi laat sien, is wanneer mense agter ‘n persoon se rug dreigemente uiter. Hierdie persone is gewoonlik te veel van lafaards om dit wat hulle sê voor jou te sê. Hulle skakel jou van ‘n privaat nommer of hulle noem aan persone dat hulle gehoor het dat iemand dit of dat sê.

Die afgelope week het inwoners op Northam gesê dat daar blykbaar persone is wat sê dat hulle my wil vernietig. Deur aan te haal soos wat blykbaar gesê is: We’re going to destroy that white man, Piet Strydom.”  Weens die feit dat ek nie in die gewone omgang vyande het nie, kan hierdie slegs politieke oorsprong hê.

Ten tye van my inhuldiging het ek onder eed ‘n belofte gedoen dat ek ten alle tye die totale gemeenskap van Thabazimbi omgewing se belange eerste sal stel en dit is wat ek probeer om in my beste vermoë te doen.

Ek sal my dus nie deur enigiemand laat afdreig om anders te doen nie. Ek moet seker hierdie persone bedank, want hoe meer hulle dreig, hoe meer doelgerig gaan ek werk. Elke keer wat hulle my dreig sluit daar in elk geval nog meer mense by my party aan.

Dus, my vriendelike uitnodiging aan hierdie anonieme dreigers – gaan so aan, julle sink julle slegs self.

Piet Strydom

DA Raadslid.