Onder vriespunt vir hengelaars
THABAZIMBI – Die Thabazimbi Hengelklub het verlede naweek hul maandelikse
kompetisie by Henk Schutte se dam aangebied.
Die hengelaars het om 05:30 by die dam opgedaag en temperature van onder vriespunt aangedurf, met warmer temperature darem later die dag.
Ongelukkig was dit nie so goeie dag vir die hengelaars nie en was die vissies maar bietjie skaars. Onder die hengelaars is daar
slegs twee visse gevang, een deur Willem Heydenrych van Thabazimbi Hengelklub en een deur Tommy Swanepoel, ‘n buitelid wat die dag saam die hengelaars deurgebring het.
Die traagheid van die visse was te wyte aan die dam wat baie water by
gekry het, asook die temperatuur van die water.
Die klub se volgende kompetisie gaan op Sondag 29 Julie plaasvind en sal die lang verwagte barberkompetisie wees.
Alle nuwe lede kan die klubvoorsitter Rudolph Dreyer kontak by 082 921 0963 of epos by thabahengel@gmail.com.