Nog ‘n kleuter verbrand met jel

Ek was nie kwaad nie, ek was woedend toe ek die berig in Vrydag se Kwêvoël lees van klein Liana (Lulu) Rossouw van 2 jaar oud wat gebrand het nadat ‘n bottel vuurmaakaansteekmidel in haar Pa se hande ontplof het.

Jy mag vra waarom? Want enigiemand, behalwe natuurlik die kleuter se Pa,kan vir jou sê:

1. ‘n Mens vat ALTYD klein kindertjies weg waar jy vuur maak (veral na Pippie se brand ongeluk).

2.  ‘n Mens gooi NOOIT weer enige iets op ‘n vuur nadat dit gebrand het nie!

My vraag is waarom het die vuur “gevrek” soos Mnr Rossouw dit stel? Miskien is ek voorbarig om dit te sê, maar heel waarskynlik was daar drank betrokke?

Nou wil Mnr Nelis Roussouw ‘n saak maak teen die Maatskappy wat die vuuraansteekmiddel vervaardig het? Hoe lagwekkend. Hy wil nou die blaam vir sy onbekwaamheid aan iemand anders toeskryf.

Op die bottel staan duidelik gedruk “never pour over fire once lit”, maar miskien kan sommige mense nie Engels lees nie, wie weet?

En wie is die een wat nou daaronder ly? Nie hy nie, maar sy klein ou dogtertjie.

Mnr Rossouw sê “volgens die Dokters het sy net 8% brandwonde opgedoen, hoofsaaklik in haar gesig en op haar hande”.

Besef hy daardie kind is geskend vir ewig?

 

Bekommerde ouer