Nico Roux Wildbedryf wildveiling

Hierdie pragtige Waterbok bul behaal R17 000 op die veiling.

RUSTENBURG – Nico Roux Wildbedryf se 74ste wildveiling het op Woensdag 27 Junie 2012, by die Waterkloof Wildsentrum buite Rustenburg plaasgevind.

Die hoogtepunt was sekerlik koedoe koeie wat vir R5500 stuk verkoop is. Nog ‘n lot koedoe koeie is vir R5400 stuk verkoop. ‘n Pragtige Waterbok bul is vir R17000 verkoop. Twee renosters, ‘n bul en ‘n koei, is vir R320 000 stuk verkoop. Dat gewone wild steeds goeie pryse behaal, en die aanvraag na wild stèèds goed is, was duidelik op hierdiè veiling wat deur Vleissentraal Bosveld aangebied is. Niel Swart was die afslaer.

Die vroulike teelgroep diere het vir die hokveiling die volgende gemiddelde pryse behaal: 109 blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1184, 21 wit blesbokke teen ‘n gemiddeld van R2176, 100 blouwildebeeste teen ‘n gemiddeld van R2114, een eland teen R6700, 30 gemsbokke teen ‘n gemiddeld van R4503, 4 kameelperde teen ‘n gemiddeld van R1850, 9 koedoes teen ‘n gemiddeld van R5456, 11 njalas teen ‘n gemiddeld van R6109, 88 rooibokke teen ‘n gemiddeld van R1217, 15 rooihartbeeste teen ‘n gemiddeld van R3733, 14 sebras teen ‘n gemiddeld van R4028, 18 springbokke teen ‘n gemiddeld van R1483, 15 volstruise teen ‘n gemiddeld van R1893 en 6 waterbokke teen ‘n gemiddeld van R4200.

Die manlike diere op hok het die volgende gemiddelde pryse behaal: 1 blesbok teen R2200, 21 blouwildebeeste teen ‘n gemiddeld van R3405, 3 elande teen ‘n gemiddeld van R8367, 2 koedoes teen ‘n gemiddeld van R7500, 42 rooibokke teen ‘n gemiddeld van R1419, 3 rooihartbeeste teen ‘n gemiddeld van R4133, 14 swartwildebeeste teen ‘n gemiddeld van R2500 en 1 waterbok teen R17000.

Die omset per hokveiling was R1 255 825.

Twee witrenosterkoeie per katalogus is verkoop teen R320 000 elk.

Die omset vir katalogus veiling was R640 000. Die totale omset was R1 895 825.