Koppie vir KANSA
KANSA se jaarlikse Koppie vir KANSA-veldtog gee aan elkeen die geleentheid om die stryd teen kanker, saam met KANSA te veg. Koppie vir KANSA, word trots geborg deur Shoprite en Checkers en is ‘n prettige manier om kennisse, vriende en familie te inspireer om ‘n koppie van hul gunsteling drankie te geniet, en terselfdertyd ‘n groot saak te ondersteun en ‘n donasie aan KANSA te gee. Hierdie donasies word gebruik vir onder meer volhoubare kankernavorsing, kankervoorkoming en -opvoeding en kankerondersteuning vir persone, hul gesinne en families wat die stryd teen kanker veg.
Volgens mnr Brian Weyers, een van die direkteure van die Shopritegroep, het Shoprite en Checkers ‘n lang en trotse verbintenis as die hoofborge van die Koppie vir KANSA veldtog. Vanjaar het Shoprite spesifiek bygedra tot kankeroorwinnaars wat in die onderskeie KANSA Care Homes bly terwyl hulle behandeling ontvang. Geskenkbewyse van Shoprite en Checkers ter waarde van R15 000 elk was aan die onderskeie versorgingshuise geskenk.
Vanjaar se tema vir die Koppie vir KANSA is Slim Keuses en gebalanseerde leefstyl. KANSA moedig die gemeenskap aan om gesonde leefstylkeuses te maak soos om gereeld te oefen, gewigbeheer, om sonslim te wees, om op te hou rook en selfs ondersteuning om nie te begin rook nie en om gesond te eet om sodoende die risiko van kanker te verminder.
Enige persoon kan ‘n Koppie vir KANSA aanbied. Die idees is onbeperk en die kreatiwiteit word aan die gasvrou/heer oorgelaat. ‘n Koppie vir KANSA kan baie vorme aanneem soos byvoorbeeld ‘n verjaardagtee, ‘n groot, klein, formele, informele of selfs ‘n tema-partytjie kan gehou word. Tydens hierdie geleentheid kan ‘n verskeidenheid drankies soos tee, koffie, warm sjokolade, sap, sop of selfs interessante en gesonde “smoothies” aangebied word. Laager Rooibostee het vanjaar ruimhartig teesakkies vir die veldtog geskenk.
Vir meer inligting of indien u belangstel om ‘n Koppie vir KANSA aan te bied, skakel me. Lucinda Viljoen, KANSA se gemeenskapsmobiliseerder op Modimolle by 082 926 8077.