Community

Klein gemeenskap met groot hart

Hiermee wil ek, Yolanda le Roux net graag ‘n bedanking maak aan my kinders, Familie, vriende en kliënte met die ondersteuning wat ek ontvang het met die afsterwe van my eggenoot, Max le Roux. ‘n Spesiale dank aan Renier en Martie van Amper Mahala wat al die reëlings van die Kerk en eetgoed vir my behartig  het.  Avbob van Rustenburg vir die professionele diens en ondersteuning.  Tyre Corporation by wie ek werksaam is vir al die liefde en bystand.  Dr Hearne wat tot op die einde nog saam met my  probeer veg het om te reël dat Max na Rustenburg toe oor geplaas sou word om  seker te maak dat ons nie tog die vlammetjie wat nog voor in die tonnel gebrand het aan die gang kon hou nie. Maar dit was ongelukkig te laat. Baie dankie, ek het nooit gedink toe ons Thabazimbi toe verhuis het dat jy in so klein rukkie soveel mooi mense om jou kan hê nie.  Maxim outdoors / boating en camping sal nog steeds aan gaan en die boot afdeling sal van daar af hanteer word.

Yolanda le Roux