Doen goed, voel goed, wees goed-week

Hamburgers en koeldranke word by die Polisiestasie uitgedeel as deel van die “doen goed”-week wat deur Helpende Hand Takke landswyd geloods is.

NORTHAM – Onderskeie Helpende Hand Takke landswyd het gedurende die week van 18-22 Junie die geleentheid gehad om iets goeds te doen vir die gemeenskap.

Die Northamtak het hulself hart en siel in die saak gewerp en verskeie “Doen Goed”- aksies geloods. Hulle het onder andere die persoon voor of agter hul se paar inkopies in die winkelsentrum betaal, tyd spandeer met ‘n eensame bejaarde, groentetuine begin, bome aangeplant, iemand ‘n handvaardigheid aangeleer, en die week op ‘n hoogtepunt afgesluit.

Die dames het op Vrydag 22 Junie 34 hamburgers en koeldranke by die plaaslike Polisiestasie gaan uitdeel, hul hulp en bystand aangebied en die beamptes bedank vir die goeie werk wat hul vir die gemeenskap doen. Northam Helpende Hand gaan van krag tot krag, en vra die gemeenskap om aan te sluit as lede, om saam ‘n verskil te maak. Skakel Mari Meintjes by 082 086 4915, of Rene Laas by 073 429 9411 vir meer inligting.