Die Indiese spreeu, vriend of vyand
Dit is duidelik dat die Indiese spreeu, as die vyand gesien word. Die gedrag patroon wat aan die Indiese spreeu toegeken word, is nie net beperk tot die spesifieke voël nie.
Van die inheemse voëls openbaar soortgelyke gedrag. Daar is al waargeneem dat Luisters, Laksmanne en Kraaie verkleurmannetjies se oë uitpik, kraai sal selfs pasgebore lammertjies se oë uitpik. Muisvoëls doen meer skade aan vrugte as wat Indiese spreeus in staat sal wees. Enige voël kan myte versprei, selfs hokvoëls.
Die enigste wat teen die Indiese spreeu tel, is dat hy vinnig aanwas. Dit is bekend dat verskeie metodes, soos gif, doodskiet en nes-verwoesting al toegepas is om die Indiese spreeu in bedwang te kry, skynbaar sonder sukses. Wat my verbaas is dat die wat die Indiese spreeu so kritiseer nie die kennis het, dat die voël yster in sy lewer opgaar en dat sy yster inname ± 150ppm of laer moet wees, anders sal hoë ystervlakke sy dood beteken.
Is voerplekke met aanvaarbare kos met yster toevoeging dan nie die antwoord op die probleem nie?
Wat beklemtoon behoort te word is, dat enige spesie inheems of uitheems met getal toename ‘n probleem kan word.
Adri