Sport

Craven Rugbyweek

Marthienus van der Berg, André Jordaan en Louis le Grange het aan die Craven Rugbyweek te Port Elizabeth deelgeneem.

PORT ELIZABETH – Drie HFM rugbyspelers het vanaf 8-14 Julie aan die Craven Week deelgeneem. Die seuns, Louis le Grange, Marthienus van der Berg en André Jordaan het na Port Elizabeth gevlieg en op Uitenhage tuis gegaan. Louis se span verloor teen SWD (Suid-Westelike Distrikte) terwyl Marthienus en André se span wat teen Zimbabwe te staan gekom het, die wedstryd wen. André druk ook gedurende die wedstryd ‘n drie. Hul laaste wedstryd teen Border wen hulle gemaklik. Die seuns het baie beleef op en van die rugbyveld af.