LS Thabazimbi wintersport

Die O/11 Rugby-span het die seisoen afgesluit as Naaswenners.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se netbalspanne het ‘n baie goeie seisoen beleef.  Die eerste span het gedurende hul toer na Port Shepstone gedurende die April vakansie 7 van hul 8 wedstryde gewen.  Die span het ook al hul vriendskaplike wedstryde gewen, met baie goeie oorwinnings oor L/S Middelburg en L/S Lynnwood van Pretoria.  Die eerste Netbalspan was ook Liga Naaswenners en het ook in die Waterbergstreek as naaswenners uit die stryd getree.  Die span was baie ongelukkig om in die Waterbergstreeksfinaal met een punt teen L/S Krugerpark te verloor.  Die eerste span en 0/11 A&B spanne het ook in Polokwane aan die Provinsiale uitspeelwedstryde gaan deelneem en baie goed presteer.

Al die Rugbyspanne het baie goed presteer gedurende hierdie seisoen.  Die Derde Rugbyspan is aangewys as Provinsiale wenners en die Tweede en 0/11 spanne het die seisoen afgesluit as naaswenners.  Al ses die Rugbyspanne het ook in die semi-finale uitspeelwedstryde vir Limpopo te Bela-Bela gespeel.  Die Eerste Rugbyspan is ongelukkig in die semi-finaal deur L/S Pietersburg-Oos uitgeskakel maar hierdie span spog al die afgelope twee jaar met ‘n puik rekord.  Gedurende 2011 en 2012 het die eerste span 30 van hulle 33 wedstryde gewen.