Area nuusbrokkies / Area newsclips

Sonpanele diefstal

KLIPGAT – 2 mans is Maandagoggend omstreeks 00:30 in die Klipgat omgewing op ‘n plaas gearresteer vir die diefstal van agt sonpanele. Die waarde is na beraming ongeveer R16000. Die boer het sy buurman, ‘n Koedoeskop GPSF lid, geskakel en verwittig van spore wat by sy hek opgemerk is. Die Gemeenskapspolisiëringsforum-lid het STTU (Specialised Tactical Tracking Unit) en die SAPD se sektor 3 bevelvoerder geaktiveer. Die spore van die twee verdagtes is in die plaas gevolg tot waar die verdagtes gevind was met die gesteelde sonpanele. Die operasie het Sondagaand ongeveer 21:00 begin en om 00:30 is die verdagtes aangekeer. Die SAPD bedank die gemeenskap vir die goeie samewerking wat hulle ontvang ten opsigte van die GPSF in die verskillende sektore.

Foto:

Die gesteelde sonpanele wat teruggevind is.

 

STTU gaan groot

THABAZIMBI – Die STTU (Specialised Tactical Tracking Unit) het hande gevat met “Save Our Rhinos”, ‘n internasionale instansie wat veg teen renoster stropery en die bewaring van wilde diere. Lees meer op hul facebookblad: STTU.

 

MAKOPPA – STTU het gedurende Junie ‘n helikopter optel en aflaai oefening met Bruno gehad in die Makoppa omgewing. Die doel van die oefening was om te bepaal hoe Bruno (die geborgde opgeleide Spoor Patrollie-hond) sou reageer indien dit nodig sou wees om die plaaslik gestigte eenheid vinnig by ‘n toneel te kry. Die oefening was fantasties en Bruno en die ander lede het dit geweldig geniet. Hulle bedank Mnr Lourens du Plessis met sy Squirrel helikopter wat die oefening geborg het. Vir meer inligting rakende STTU, of om die span te befonds, kontak Pottie by 0838249400 of AO Jaco Havenga by 0833609698 of Rudi Janse van Vuuren by 082 445 0965.

Foto

Bruno, die geborgde opgeleide spoor patrollie hond, saam met sy hanteerder, Pottie en Tumo (STTU-lid) in die Squirrel helikopter.

 

Verbode immigrante

MAKOPPA – Verbode immigrante is in Makoppa gearresteer. Daar is ook ‘n groot huisbraak probleem in Makoppa, die SAPD maan die inwoners om paraat te wees en in te skakel by hul Gemeenskapspolisiëringsforum.

Koperdraad diefstal

KOEDOESKOP – Die gemeenskap van Koedoeskop loop deur onder koperdiefstal, inwoners word gevra om uit te kyk vir verdagte voertuie en aan die SAPD te rapporteer.